ARPANET

ARPANET netwerkkaart 1973

Die Advanced Research Projects Agency Network (ARPANET), ontwikkel deur die Advanced Research Projects Agency (ARPA) van die VSA se Departement van Verdediging (U.S. Department of Defense) was die eerste werkende pakketskakel-netwerk (packet switching network), en voorganger van vandag se wêreldwye Internet. ARPANET is oorspronklik ontwikkel vir die aanteken op 'n ander rekenaar (Telnet) en vir die oordrag van lêers tussen rekenaars (FTP). Na ingebruikname van ARPANET is 'n derde toepassing ingevoer: e-pos.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search